Mar 7, 2009

met liefde aan atkins

Dit was ‘n degerige week. Eers pizzadeeg wat vir ‘n paar uur rys en dan dun uitgerol word, ‘n kombinasie van kersietamaties wat stadig teen ‘n lae temperatuur in die oond gerooster is, beide soet en sappig, olywe en die tuisgemaakte ricotta bo-op. Die volgende dag was die koue pizza steeds ‘n heerlike ontbyt.

Later die week het ek die brood aangepak waaroor soveel bloggers nou al gerave het – ’n broodresep oorspronklik afkomstig uit die New York Times, wat geen knie insluit nie, en uiteindelik soos ’n artisan bread lyk en proe, geurig en met beautiful reuse rysgate. Die deeg word aangemaak en dan in ’n warm plekkie gelos vir twaalf tot agtien ure, dan omgevou sodat dit vir nog twee ure kan rys, en uiteindelik in ’n toe pot in die oond gebak – die humiditeit in die pot gee die brood ’n harde kors, en as jy hom uit die oond uit haal kan jy nie anders as om moerse impressed met jouself te wees nie. Maak dit. Dis die (min) moeite werd.

2 comments:

Oumie said...

Veels bedank vir die resepte en happies van tuis... kan ons n melktert resep kry? Asseblief....

Marie said...

Oumie! Wat maak my hier? Dis snaaks.

Ja, ek wil ook vra. Post iets, asseblief. My maag is leeg.