Feb 26, 2009

soet wees

Ek het lankal vrede gemaak met die feit dat heelwat elemente in my kosmakery, asook die smake waarvoor ek lief is, tradisioneel Afrikaans is. Ek het altyd uiesoppoeier in my kas, kon op 14 al ‘n perfekte *witsous maak, en hou van ‘n soeterige element in my souterige kos. Terwyl ek nog nie so ver gegaan het dat ek Fanta oor wortelslaai gooi nie (en ek sal jok as ek se dat ek al ooit my hand aan worteslaai van enige aard geslaan het) is ek wel lief vir al die ander soet bygeregte – slaphakskeentjies, beetslaai, en daai fantastiese **soetmosterdsous uit Wenresepte 2. (En nee, ek is nie skaam oor die feit dat ek al kos uit Wenresepte gemaak het nie. Deal with it.) Toe die lus my nou die dag beetpak vir varkribbetjie het ek dus eventueel besluit op ’n resep wat elemente van beide Nigel Slater en Nigella Lawson se soet en sticky Chinese-style ribbetjies bevat, maar met een groot (en heerlike) verskil – hoisin sauce. En aangesien ek absoluut obsessief is oor peking duck, grootliks ook op grond van die hoisin sauce wat daarmee saam bedien word, het ’n man genaamd Meathead se resep uiteindelik my hart gesteel. Die ribbetjies word gemarineer in ’n kombinasie van hoisin sauce, asyn, lemoensap, gemmer, knoffel, rissie, witwyn, bietjie olie en sojasous en heuning en kom sag en sticky uit die oond. Fan-fokken-tasties.


*Ek glo steeds mens moet kan witsous maak voor jy mag trou.

**Jvdh – ook jy sal nog eendag die lig sien.

1 comments:

jvdh said...

Ek het al wortelslaai gemaak! Toe ek 10 was. Gerasperde wortel uit die tuin, met bietjie suurlemoensap daaroor uitgedruk. My musiekjuffrou het altyd rosyne in haar weergawe gesit - ek glo dit is dalk in Wenresepte? (Ek het nog nooit 'n Wenresepte 1, 2, 3, 14 of 79 oopgemaak nie.)

En wie sĂȘ daar is net een lig?