Jan 29, 2009

eerste dinge

In ‘n poging om terug keer na eerste dinge, na ‘n lewe en roetine wat eenvoudiger, stadiger is as die uitmergelende pas waarteun daar verlede jaar geleef is was my nuwejaarsvoorneme vir die jaar om brood te bak eerder as om te koop; om myself terug na die fundamentele te dwing. Daar is iets geweldig troostend aan bak, aan die manier waarop deeg rys, onafhanklik van die groter gebeure wat rondom dit afspeel, slegs gefokus op die proses van stadige maar onafwendbare uitsetting. Die bak van brood veral is ‘n manifestasie van die maternal, van dit wat nader trek in plaas van verstrooi, en Ma kom uitgehol/ en sy neem ons in soos wasgoed voor die reën.

Die eerste brood van die jaar was ’n paar weke gelede, met die Kollega en die Slimkop Sakeman wat oorgekom het vir middagete, waar ek die brood bedien het saam met ’n kaas soufflé van Elizabeth David, die eerste een wat ek nog ooit gebak het en wat, tot my groot verbasing, beautifully lig en lugtig was.

Die tweede brood is tans besig om te rys in ’n reënerige dag in Pretoria. Dit mag miskien die pragtigste ding wees wat ek vandag sal sien.

*uit Gert Vlok Nel se hillside, in om te lewe is onnatuurlik

0 comments: