Dec 20, 2008

arcadia se heerlikhede van 2008 (deel 3)

Die posisie vir sexiest dish word gedeel deur drie disse – Switserse kaasfondue a la Heidi se oupa, klein stukkies brood wat drup van die gesmelte kaas, warm kersiesop, met kaneel en room, wat ook deel was van my verjaardagete, en die lewens-veranderende beet wat nou as die heilige groente van die woonstel in Arkadia beskou word.


Beet het inderdaad oral opgeduik – ook onder piekniekkos; te danke aan ‘n laatsomerpiekniek was ons heel moontlik die eerste mense wat ooit borscht geëet het op die gras van die Pretoriase dieretuin, ‘n koue, effe chunky Joods-Russiese weergawe wat heerlik was. Ander piekniekkos wat spesiale vermelding verdien is die hoenderboudjies met sojasous, heuning, gemmer, knoffel, rissie en sesamsaad wat tydens dieselfde piekniek genuttig is – soet en sticky met effens van ’n byt.

Beste seekos van die jaar is weereens ‘n gedeelde posisie, en altwee kere voorberei deur jvdh, wat 'n veel beter slag met seekos het as ek – heel gebakte forel, beautifully voorberei as ’n comforting Sondagmiddagete, en calamari-Vrydagaande, waar repies calamari gebraai word saam met bietjie olyfolie, knoffel, paprika en suurlemoensap.

Nutritional slumming, volgens Douglas Coupland “food whose enjoyment stems not from flavor but from a complex mixture of class connotations, nostalgia signals, and packaging semiotics: Katie and I bought this tub of Multi-Whip instead of real whip cream because we thought petroleum distillate whip topping seemed like the sort of food that air force wives stationed in Pensacola back in the early sixties would feed their husbands to celebrate a career promotion.” word nie so gereeld in my huis be-oefen as wat ek graag sou wou nie, maar wat ek wel die huismaats van oorreed het was good old russians en chips, gekoop by die buzzing spar in Arkadia, en geëet tydens ‘n episode van WWE Smackdown. Hotness.

Wat kosmarke betref is daar slegs een wat my hart se punt is, en die rede hoekom ek elke Saterdag 05h00 by die huis uitstap, winter of somer, en terugkom met arms vol blomme en heerlikhede. Daar is weekliks die stalletjies wat my uiters verheug maak – die Nederlandse tannie met haar wafels met veel room, Poolse Victor, met sy tafel vol gerookte spek en salami en cabanossi en eisbein en gerookte varkfilet, en die fabulous vrouens van die cupcake-stalletjie, wat my gedurig verras met hul kolwyntjies, soos hul weergawe van Nigella se Guinness chocolate cake.



0 comments: