Sep 14, 2008

passage to india

A foray into Indian fare. Ná die fantastiese (en baie billike) butter chicken en tandoori chicken wat ek en jvhd vroëer vanjaar gehad het by The House of Samoosa by die Oosterse Plaza (groot kitsch foto’s van Mekka teen al wat ‘n muur is), is daar besluit om dit self by die huis aan te pak. My butter chicken het uiteindelik pretty much geproe soos Thai red curry wat met Woolworths se red curry paste gemaak is (nie naastenby so heerlik soos die Plaza-weergawe nie), maar j se tandoori chicken was meer suksesvol. Hy’t besluit om nie die rooi voedselkleursel-roete te volg nie, so die eindproduk was uiteindelik nie so rosig soos gewoonlik nie, net ‘n kombinasie van tandoori hoender spesery, kruisement, jogurt, gemmer, suurlemoen, knoffel en gedroogde rissie. Ons het dit geëet saam met tuisgebakte naan, wat absoluut lovely uitgedraai het, en ‘n raita van jogurt en komkommer.



Die tuisgemaakte tandoori chicken

Toe ‘n uitstappie na Al-Amin, ‘n random Indiese restaurant waarvan daar gelees is, in Laudium. Die restaurant is vreemd genoeg geleë op die site van ‘n garage, en het geweldige groot vloerspasie – hul kan tot 320 mense op ‘n slag kos gee. Die spyskaart is baie ekstensief (met onder andere Indiese, Pakistani, Chinese en Thai-geregte) en baie goed geprys. Ons het parathas gehad met aartappel en lamsvleis, vis breyani en nog butter chicken, als baie lekker. Als in aggenome voel dit ietwat soos ‘n trippie na ‘n ander land – ‘n deel van die stad waar ‘n mens nooit kom nie, interessante en ongewone mense in tulbande, en eksotiese geregte.

Al-Amin. Ons was op 'n Woensdagaand daar en ten spyte van die heerlike kos, die enigste mense in die moerse groot restaurant. En enige plek wat vir my 'n beker water bring as ek vra vir 'n glas kry vol punte.

1 comments:

The Electric Orchid Hunter said...

Daai plek se dekor leaves a bit to be desired. Maar dit lyk darem vir my of hulle opmaak daarvoor met die kos. Mooi dat julle die eksotiese in goeie ou Pretoria gaan uitsoek het. Ek was jare laas in Laudium, jare laas in Marabastad.

Dis jammer Gaby's Bakery in Zambeziweg bestaan nie meer nie - hulle het altyd soveel interessante gebak gehad. Ek wonder watter geheime plekkies daar nog in die noorde oorbly?