Boeremarkroom en Die Cocktail Shaker
Sep 13, 2008
brood en botter
Dit voel soms of die enigste manier om die lewe te vereenvoudig juis is om dit te kompliseer, om jouself besig te hou met prosesse wat jy eintlik taamlik maklik sou kon sidestep as jy wou. Hierdie taamlik tydrowende oefeninge is ook ‘n poging om die frantic pas waarteen ons lewens beweeg (al voel dit steeds asof nie veel ooit gebeur nie) effe af te slak. Dus spandeer ons toe ‘n Sondag aan brood bak en botter maak, beautiful Joodse challah-brode (hier in Suid-Afrika verwys ons na hul as kitke-brood) en romerige botter wat al die persone betrokke ‘n moerse paar biceps laat ontwikkel. Aangesien ons sans karring is het ons die room in ‘n cocktail shaker geskud tot die stremsel en wei (whey en curd vir die ongeletterdes tussen ons) skei, die wei afgegooi en toe die botter met water uitgewas om seker te maak dat al die wei uit is. Uiteindelik sit jy met ‘n fraai pat wit botter wat heerlik gegaan het saam met die challah (wat, by the way, ‘n hoogs entertaining vlegproses insluit).
3 comments:
Nigel Slater is my hero! Ek sal ook 'n offerande voor jou effigy bring.
Ek wonder waarom het kitke sovell verskillende name? Hoe smag ek nou na 'n proeseltjie...
yum
Is daar 'n resep vir daardie challah? En word die oom eenvoudig net geskud tot hy botter word?
Wonderful post and writing.
Post a Comment