Jul 27, 2008

die voer manifes

"As my kinders my eendag vra wat ek tussen twintig en dertig gedoen het, sal ek sê – Ons het gekook.”
-jvdh

Ek is nooit presies seker wat ander mense met hul vrye tyd en disposable income doen nie – ek stel myself naweke voor vol ontmoetings met opwindende vreemdelinge, partytjies in ou parke en hoë hakke, onophoudelike pret. Hier is dinge meer eenvoudig, draai die wêreld om een as. ‘n Bak granate op ‘n eetkamertafel. ‘n Toebroodjie in die Amsterdamse Jordaan, met bokmelkkaas, heuning en dennepitjies. Porchetta.
Ons staan Saterdae 05h00 op om betyds by die Boeremark die beste skaapribbetjie en Franse pont l’eveque te vind, spandeer oggende in klein Chinese supermarkies tussen peking eende en bosse bok choi, rooster kastaiings en bak pavlovas.
In ‘n wêreld waar ons beheer het oor so min is kos ‘n konstante sekerheid – geen gekoopte sjokolademousse kan ooit by die tuisgemaakte drie-uur-voor-die-stoof weergawe kers vashou nie, en solank daar genoeg botter en kaas in ‘n dis is sal jou gaste dit altyd verorber.
Ons voer, en word gevoer.
Leuk.



Arcadia is 'n 24-jarige skrywer en filmmaker wat woon in Arkadia, Pretoria. Sy het 'n besondere affiniteit vir peking duck, rugelach en haar ouma se vleispasteitjies.
Jvdh is 'n 27-jarige ingenieur wat tans woon in Engeland. Hy raak opgewonde oor gluten strands, kompleksiteitsteorie en obsene hoeveelhede suurlemoen.

0 comments: