Dec 20, 2008

arcadia se heerlikhede van 2008 (deel 3)

Die posisie vir sexiest dish word gedeel deur drie disse – Switserse kaasfondue a la Heidi se oupa, klein stukkies brood wat drup van die gesmelte kaas, warm kersiesop, met kaneel en room, wat ook deel was van my verjaardagete, en die lewens-veranderende beet wat nou as die heilige groente van die woonstel in Arkadia beskou word.


Beet het inderdaad oral opgeduik – ook onder piekniekkos; te danke aan ‘n laatsomerpiekniek was ons heel moontlik die eerste mense wat ooit borscht geëet het op die gras van die Pretoriase dieretuin, ‘n koue, effe chunky Joods-Russiese weergawe wat heerlik was. Ander piekniekkos wat spesiale vermelding verdien is die hoenderboudjies met sojasous, heuning, gemmer, knoffel, rissie en sesamsaad wat tydens dieselfde piekniek genuttig is – soet en sticky met effens van ’n byt.

Beste seekos van die jaar is weereens ‘n gedeelde posisie, en altwee kere voorberei deur jvdh, wat 'n veel beter slag met seekos het as ek – heel gebakte forel, beautifully voorberei as ’n comforting Sondagmiddagete, en calamari-Vrydagaande, waar repies calamari gebraai word saam met bietjie olyfolie, knoffel, paprika en suurlemoensap.

Nutritional slumming, volgens Douglas Coupland “food whose enjoyment stems not from flavor but from a complex mixture of class connotations, nostalgia signals, and packaging semiotics: Katie and I bought this tub of Multi-Whip instead of real whip cream because we thought petroleum distillate whip topping seemed like the sort of food that air force wives stationed in Pensacola back in the early sixties would feed their husbands to celebrate a career promotion.” word nie so gereeld in my huis be-oefen as wat ek graag sou wou nie, maar wat ek wel die huismaats van oorreed het was good old russians en chips, gekoop by die buzzing spar in Arkadia, en geëet tydens ‘n episode van WWE Smackdown. Hotness.

Wat kosmarke betref is daar slegs een wat my hart se punt is, en die rede hoekom ek elke Saterdag 05h00 by die huis uitstap, winter of somer, en terugkom met arms vol blomme en heerlikhede. Daar is weekliks die stalletjies wat my uiters verheug maak – die Nederlandse tannie met haar wafels met veel room, Poolse Victor, met sy tafel vol gerookte spek en salami en cabanossi en eisbein en gerookte varkfilet, en die fabulous vrouens van die cupcake-stalletjie, wat my gedurig verras met hul kolwyntjies, soos hul weergawe van Nigella se Guinness chocolate cake.



Dec 17, 2008

Restaurants

If I had to single out the most exciting restaurant experience for this year, it would undoubtedly be Archipelago, a mainly seafood restaurant at the end of Kenyatta Road in Stone Town, Zanzibar.

The decor isn't much - the plain tables and plastic chairs evoke memories of Juicy Luicy when I was five. But on the veranda overlooking the beach, they serve some of the freshest seafood dishes I've ever had the pleasure to pay for. And although buzzing with locals and tired tourists alike, it offers some respite from the relentless hustle and bustle In particular, the Pili-pili Perch (Peri-peri Perch) was divine - a whole fish, gently steamed, scored, then drizzled with a fresh lime and chili dressing.

Closer to home, my introduction to Peking Duck in Hazelwood will remain a memorable night, as will the plate of prawns shared under exploding fireworks at Chinese New Year, in Cyrildene.


Lastly, Olympia Cafe in Kalk Bay deserves acknowledgement - for their atmosphere, the view, the enthusiastic yet elegant food and their inspiration of countless inferior imitations at home.

Seared tuna on a bed of beetroot mash, with toasted almonds and other lovely bits.

Dec 10, 2008

arcadia se heerlikhede van 2008 (deel 2)

Soms is dit die onbeplande etes of happies wat die mees memorable is. Soos die plaatkoekies wat oorgebly het nadat my pa ingeloer het vir laatmiddag tee, en wat ek en jvdh en Die Kollega daai aand in die kombuis verorber het saam met die sagte bokmelkkaas wat gekoop is by die Engelsman wat sy Franse kase drie keer Boeremark toe gebring het en toe miserieus verdwyn het, tot ons groot ontsteltenis. Of die brie, wyn en granate op my verjaardag, of die heerlike vars broodrolletjies wat een Sondag by die Nederlandse winkel in Harbeespoortdam, Jasmyn, gekoop is en uiteindelik saam met ‘n stukkie kaas van Van Galen se kaasplaas geëet is op die gras langs ‘n stroom.

Wat kookboeke betref was hierdie gewis die jaar van Nigel Slater, en spesifiek Real Food. Behalwe vir die pasta met chorizo, room en wholegrain mosterd wat 'n Vrydagaand-gunsteling geword het was daar ook die fantastiese kapokaartappelpastei met sampioene en kaas, en Nigel se coq au vin – hoender, witwyn, sampioene en room, saamgekook en voorgesit op ’n koue Sondagmiddag. Maar wat uiteindelik almal se harte gesteel het, en Nigel vir eens en altyd die patron saint van my kombuis gemaak het, was sy knoffelbrood. Dalk wys dit sekere van die Voerders se plattelandse wortels, maar hierdie brood is die brood van geluk – baie botter, baie knoffel, baie kruie, en heelwat kaas. Fan-fokken-tasties.


Beste ete van die somer
was ‘n dis wat ek en die Kollega die eerste keer geëet het nadat die Hairy Bikers dit by die Good Food and Wine show gemaak het en ons ná hul demonstrasie die verhoog bestorm het om ’n happie te kry voor die ou mense in die voorste rye (wat soos ruspes toesak op die borde kos) als opeet. Die vis met ’n kors van chorizo, parmesaan, knoffel, flatleaf parsley en bietjie broodkrummels is toe gemaak vir my verjaarsdag, groot oondpanne vol aanmekaargeslaan deur die verjaardaggaste almal besig in my klein kombuisie. Wat ook spesiale vermelding verdien is die tuisgemaakte pina coladas wat gedrink is by die Uniegeboupiekniek (hoofsaaklik omdat ons nie ’n piekniek kon voorstel sonder drank nie, en bang was die sekuriteitswagte konfiskeer enige drank wat nie versteek is in iets anders nie.)

Die winter se beste disse sluit in die goulash wat jvdh vir my kom maak het terwyl ek nog in my post-hijacking haze was, die kombuis vol paprika walms, die krapkerrie (klappermelk, uie, gemmer, knoffel, borrie, suurlemoen, rissie) waar die krapvleis uit al die nou cavities van die crustacean met fonduevurkies gekrap is en die souserigheid met driehoekies roosterbrood opgeslurp is terwyl ek Night of the Living Dead kyk vir my module oor The Monstrous in film. Die rhubarb crumble vir m-l se afskeidsete, bedien met heerlike tuisgemaakte vanielje vla, het die winter meer draaglik gemaak, asook die kastaiings wat gekoop is by die vreemde Duitse oom by die Boeremark, gerooster in die oond en bedien met dik room.


Een van die trottsste oomblikke van die jaar was die duck l’orange, ‘n spanpoging tydens die eerste kosnaweek, en wat later weer gemaak is ter viering van die einde van my Junie-eksamen, en weer ‚’n ruk later vir my ouma en geniet saam 7de laan, die eerste keer wat duck l’orange stellig in Orkney voorgesit is. So ook die maak van karpatka, ’n Poolse roomkoek waarvoor daar nêrens ’n resep te vinde was nie, en wat uiteindelik opgespoor is deur ’n vriendin van jvdh te kry om ’n Poolse familielid te stalk vir die spesifikasies van hierdie heerlikheid. En dan, ter ere van my puriteinse oomblik, die varsgebakte challah en tuisgemaakte botter, wat ons een hele Sondagoggend besig gehou het, en my vir goed oortuig het dat dit altyd die moeite werd is om dinge van scratch af te maak.


naskrif: alle foto's deur jvdh

Dec 8, 2008

arcadia se heerlikhede van 2008 (deel 1)

Die beste plek sou stellig wees om by die beste poedings te begin. Antjie Krog skryf dat When in despair, bake a cake. In my huis is dit gewis hoe sake staan – daar is altyd poeding of koek van een of ander aard (dikwels albei), en dit is waar dat die drie mees algemene frases uit my mond Ek is moeg, Ag, fok en Ek is lus vir koek is.

Een van die jaar se baie memorable koeke was Nigella se rococo-koek – sjokolade spons, ‘n dik sjokolade stroop, mascarpone en geweldig baie room, en genoeg rum om jou ná twee snytjies op die tafels te laat dans. Met my verjaardag was daar ook Peter Veldsman se chocolate mousse, altyd ‘n orgasmic bydrae tot enige celebration. En dan moet Rose Bakery in Parys (nee, nie die een aan die Vaal) se chocolate chip cookies spesiale vermelding kry – nie net is hul die beste chocolate chip koekies wat ek al ooit geëet het nie, hul is ook een van die grootste incentives gewees om laat in die nag nog te sit en Althusser lees.



Beste ontbyt is gewis, sonder enige twyfel, die laaste groot ontbyt voor jvdh se vertrek na die verre land – varsgebakte plaatkoekies, kaviaar en suurroom, afgesluk met sjampanje. Nie net is dit een van die beste ontbyte wat jy uit ‘n hoed uit kan pluk nie, dis ook ‘n fabulous spread om voor te sit as jy besig is om van mense afskeid te neem (en daar is tog iets magies daaraan om sjampanje te drink terwyl jy hartseer is).

Wat ook spesiale melding verdien is die wintersgunsteling van hawermout met whisky, dik boeremark room en bruinsuiker, asook die kaneelrolletjies van een koue Sondagoggend, bedien met genoeg Leonard Cohen en hibiscus tee van Amsterdam se Albert Cijp-mark.






Die beste ete in ‘n restaurant is effe moeilik – besef nou hoe min daar eintlik uitgeët is gedurende die laaste jaar. Meeste van die etes wat onthou word is dié wat effe off-the-beaten-track plaasgevind het – soos by World of Samoosas in die Oosterse Plaza, met hul heerlike butter chicken en tandoori chicken, en ‘n heerlike hoender satay op groentee noedels by ‘n noodle bar in die Ooste van Pretoria (ja, as jy in Arkadia bly is die Ooste ‘n dagreis te perd ver). En dan is daar natuurlik altyd die vreugdes van Moema’s in Parktown-Noord, met hul towering klomp koeke in die venster, en die ongeëwenaarde flourless chocolate fudge cake, en Toni’s in Villeria se pizza met gerookte salm, kaviaar, suurroom en sprietuie. Uiters fantasties.

Op die teleurstellende front was daar my eerste kennismaking met buffalo mozzarella – die waterige bol proe-na-niks wat ten duurste by La Spiga aangeskaf is het uiteindelik wel gesorg vir ’n bonding sessie in die kombuis (almal saamgekoek om die wit homp, aan’t voorstelle maak hoe die kaas aan die gaste aan tafel voorgesit kan word sonder om hul vir altyd van ons te vervreem). Dan was daar ook die interessante opsies wat in ‘n supermark by die Oosterse Plaza bespeur is vegi viennas en vegi boerewors (sonder enige vleis of eier). Grootste flop van die jaar is beslis die profiteroles wat ek gemaak het vir jvdh se verjaardagete, en waar ons te laat besef het iemand het per ongeluk die oond afgesit, en uiteindelik opgeëindig het met plat rou choux pastry klonte. Dit was so appealing soos wat dit klink.

nog 'n Plaza plesiertjie

Daar was, soos altyd, baie dinner parties. My gunsteling is die dinner party van die film shoot wat in April plaasgevind het, omdat ons dit reggekry het om ‘n heerlike Boerekosete (skaapboud, hoenderpastei, soetpampoen, geelrys, boontjies en gebakte vrugte met dik room) met hoogs aansteeklike energie om die tafel en in die volgepakte woonstel te kombineer. Die epiese kosnaweke verdien ook spesiale vermelding, asook die eerste dinner party van die jaar, met m-l, ons vriend J-P, jvdh en die nimlike Kollega, met gevulde Georgiaanse brood, hoender met amper ‘n honderd knoffelhuisies, en die stock favourite chocolate espresso cake. Beste partytjie van die jaar is ‘n tie tussen gm se Werkersdag Bolshevik partytjie (die kas Zamalek saam met die peasant cassoulet was fantasties) en dan ook die Kinderboekpartytjie, met kos uit die Famous Five se piekniekkraal – hoenderpastei, heerlike pork roast, en toebroodjies met onderskeidelik chorizo en avokado, en dun skyfies beet, suurroom en kapertjiesaad. Met gemmerbier van die Boeremark en tuisgemaakte limonade, asook ysies wat mens minder laat terugverlang na die dae van prille jeug – lemoensap en vodka.


Dec 7, 2008

die uur van afrekening

‘n Uitdaging aan die Voer epicures –

’n retrospektief oor die jaar se kos, met die beste disse wat uitgesonder word. Ek het 15 topics waaronder ek gaan post – jul is welkom om hul oor te neem of aan te pas soos dit jul gelang.

Waarin ek belangstel is dus –

1) beste poeding en/of koek (in my huishouding is dit altyd en koek)

2) beste ontbyt

3) beste ete in ‘n restaurant

4) mees teleurstellende dis van die jaar, asook die grootste flop

5) beste dinner party


6) beste spur-of-the-moment ete/happie

7) kookboek wat die meeste gebruik is

8) beste dis van die somer

9) beste dis van die winter

10) dis waarop jy die trotsste was

11) sexyste kos

12) beste piekniekkos

13) beste seekos

14) grootste nutritional slumming oomblik

15) gunsteling kosmark

Komaan. Alhoewel die res van die jaar in groot trekke taamlik crappy was was die kos darem goed. Spill.

Sep 26, 2008

Figs

My Australian/Turkish hosts made this on my first night in the UK.

Cut dried figs into little pieces (not pulp, just fairly chunky). Simmer the figs with some muscovado sugar and a splash of rum in milk. The figs should soften and absorb the milk without going completely mushy.

Serve a spoon or two of the warm fig mixture on a generous dollop of mascarpone as a wickedly indulgent desert.

Sep 24, 2008

ek braai (sadly) nie op nasionale braaidag nie

Ek werk op die lieflike vakansiedag. Dus my middagete tuis: pasta met 'n sous van kersietamaties, groenuie, bietjie basil pesto, room en dun skyfies gerookte varknek. (En ek drink skelm Die Kollega se laaste Black Label. Jammer.)

Sep 14, 2008

passage to india

A foray into Indian fare. Ná die fantastiese (en baie billike) butter chicken en tandoori chicken wat ek en jvhd vroëer vanjaar gehad het by The House of Samoosa by die Oosterse Plaza (groot kitsch foto’s van Mekka teen al wat ‘n muur is), is daar besluit om dit self by die huis aan te pak. My butter chicken het uiteindelik pretty much geproe soos Thai red curry wat met Woolworths se red curry paste gemaak is (nie naastenby so heerlik soos die Plaza-weergawe nie), maar j se tandoori chicken was meer suksesvol. Hy’t besluit om nie die rooi voedselkleursel-roete te volg nie, so die eindproduk was uiteindelik nie so rosig soos gewoonlik nie, net ‘n kombinasie van tandoori hoender spesery, kruisement, jogurt, gemmer, suurlemoen, knoffel en gedroogde rissie. Ons het dit geëet saam met tuisgebakte naan, wat absoluut lovely uitgedraai het, en ‘n raita van jogurt en komkommer.



Die tuisgemaakte tandoori chicken

Toe ‘n uitstappie na Al-Amin, ‘n random Indiese restaurant waarvan daar gelees is, in Laudium. Die restaurant is vreemd genoeg geleë op die site van ‘n garage, en het geweldige groot vloerspasie – hul kan tot 320 mense op ‘n slag kos gee. Die spyskaart is baie ekstensief (met onder andere Indiese, Pakistani, Chinese en Thai-geregte) en baie goed geprys. Ons het parathas gehad met aartappel en lamsvleis, vis breyani en nog butter chicken, als baie lekker. Als in aggenome voel dit ietwat soos ‘n trippie na ‘n ander land – ‘n deel van die stad waar ‘n mens nooit kom nie, interessante en ongewone mense in tulbande, en eksotiese geregte.

Al-Amin. Ons was op 'n Woensdagaand daar en ten spyte van die heerlike kos, die enigste mense in die moerse groot restaurant. En enige plek wat vir my 'n beker water bring as ek vra vir 'n glas kry vol punte.

Sep 13, 2008

aandete

Kos is dikwels die een redeeming factor in ‘n andersins kakkerige dag. Gedurende die week is dit veral belangrik om een of ander opbeurende element te vind om ‘n mens deur die drudgery van swak bestuurders en nóg ‘n lesing oor post-koloniale diskoers te kry. Hierdie is alles mid-week meals, gemaak na klas en werk.

Calamari met paprika, suurlemoen (jvdh se aartsobsessie), basil en spring onion (grasuie?). Die wit laken wat op die stoel lê is die enigste sigbare oorblyfsel van ‘n dinner party die vorige aand, waar dit gebruik is as tafeldoek.


Carpaccio. Dun gesnyde skyfies beesfilet wat met ‘n deegroller platgeslaan word (eat dirt, passive aggression) en dan rojaal bedek word met olyfolie, varsgemaalde peper en Maldon sout. Fantasties.



Slakke in ‘n sous van room, flat leaf parsley, knoffel, sampioene, en sprietuie. Die bak couscous wat op die tafel staan behoort nie nog op die tafel of in die foto te wees nie (gm, enige quips oor Miss Havisham is streng verbode)


Bagels met gerookte salm en roomkaas. Die hoop om ‘n Hasidic Jew in Groenkloof Spar raak te loop wat nie bang is om betrokke te raak by ‘n shiksa nie, beskaam steeds nie.


Lamstjoppies met wholegrain mustard en geweldig baie knoffel. (Ek hoop vir sy part die hypothetical Hasidic Jew het ook 'n voorliefde vir knoffel).

brood en botter

Dit voel soms of die enigste manier om die lewe te vereenvoudig juis is om dit te kompliseer, om jouself besig te hou met prosesse wat jy eintlik taamlik maklik sou kon sidestep as jy wou. Hierdie taamlik tydrowende oefeninge is ook ‘n poging om die frantic pas waarteen ons lewens beweeg (al voel dit steeds asof nie veel ooit gebeur nie) effe af te slak. Dus spandeer ons toe ‘n Sondag aan brood bak en botter maak, beautiful Joodse challah-brode (hier in Suid-Afrika verwys ons na hul as kitke-brood) en romerige botter wat al die persone betrokke ‘n moerse paar biceps laat ontwikkel. Aangesien ons sans karring is het ons die room in ‘n cocktail shaker geskud tot die stremsel en wei (whey en curd vir die ongeletterdes tussen ons) skei, die wei afgegooi en toe die botter met water uitgewas om seker te maak dat al die wei uit is. Uiteindelik sit jy met ‘n fraai pat wit botter wat heerlik gegaan het saam met die challah (wat, by the way, ‘n hoogs entertaining vlegproses insluit).

Die hoofdis vir die dag is die nimlike Nigel Slater se Coq au Riesling, ‘n kombinasie van hoender, Riesling, sampioene en room wat saamgekook word en met kapokaartappel voorgesit word. Nigel Slater is natuurlik die patron saint van my huis (ons beplan om een van die dae ‘n Nigel-effigy langs die yskas te plant sodat almal weet waar die huisbewoners se lojaliteit lê). Die hoender is die beste tipe comfort food (warm, ryk en vol drank), presies in pas met die dag se bewolkte weer.

Boeremarkroom en Die Cocktail Shaker

Die uitwas van die wei

'n Pond botter

Arcadia en die rol van die deeg

Challah voor die oond

Challah na die oond

Nigel Slater se Coq au Riesling

Aug 6, 2008

Sticky fingers

Teenvoeter vir 'n slegte dag: sticky chicken.

Om een of ander rede het ek gister hoenderboudjies in 'n sticky, soy-sauce, ginger, garlic, chilli konkoksie-marinade gesit. My modus operandi: gooi alles waarvan ek hou in 'n plastieksak en hoop vir die beste.

Vandag was 'n besonders slegte dag. Toe sit ek die hoender maar in die oond. Die sticky eksperiment het goed gewerk en ek was happy (chilli, ginger!) vir 'n rukkie. Maar net vir 'n rukkie.

blikkies sop

Vir my, vir nou: g'n marathon dinner parties met orgasmiese foto-bewyse nie. Net ek, die matras op die grond en blikkies woolies lensiesop vir die troos.

Jul 31, 2008

p

Ná die Kersmaal het die Vier nie kans gesien vir die poedings wat vir die okkasie gemaak is nie – hul was nog te oorweldig deur die heilige grootsheid van die marshmallow-patats waarsonder hul lewens gewis armer sou gewees het. Dus is die pavlova eers ‘n paar dae daarna versier met dik room, aarbeie (yay Boeremark!) en granaatpitte. As ek ooit ‘n loopbaanskuif in die pornografiese rigting maak is pavlova porn my voorland.


Voorspel (en Arcadia se edel hande)

Full frontal

Putting out

Ravished, of die post-orgasmic glow

Jul 28, 2008

Christmas in July (2)

We cut garlands of stars, Christmas trees and bells from red crêpe paper and put them up against the walls, over doors and against the windows.


Citrus peel,pistachios, pecans and cranberries.

Almonds for the cinnamon stars.


Lebkuchen - intense parcels of
citrus peel, cinnamon, ginger, nutmeg, cloves and honey.

Eggnog.
Happiness in a jar.

Rococao cake (as whimsically named by Nigella). Layers of coffee and brandy drenched sponge cake, stuck together with mascarpone, covered by a dark chocolate icing. Gold sprinkles and roughly chopped pistachios provided the opulence befitting authentic Christmas celebrations. Rich, dark, alcoholic and generally perverse, this cake provided joy well into the following week.